Spesiale verjaardiens by Emmanuel-gemeente

EMMANUEL Gemeente nooi almal uit om hul 30ste bestaansjaar op 7 September saam met hulle met ‘n groot kerkdiens te vier.

Die gemeente is al vir meer as 40 jaar in Kemptonpark, maar vier die dag om die ingebruikneming van hul gebou in Willowstraat 30 jaar gelede te herdenk.

Die spesiale diens, wat in Afrikaans gehou sal word, sal op 7 September om 9vm deur past Stephan Uys gelei word.

Back to top button