Valke in semi-finaal op Barnardstadion
DIE Valke se 0/19’s speel hul semi-finaal teen die Pumas Saterdag, 4 Oktober, om 2nm op Barnardstadion.
Ingang is gratis.
Vrydag, 3 Oktober, om 4nm pak die Curriebeker eerste divisiespan die Luiperds in Potchefstroom in die semi-finaal. Dié wedstryd word regstreeks op SS1 uitgesaai.