Vroue-buffet met Gerrie Jordaan
‘n Vroue-buffet vind op 8 November by Eagles Nest Koffiewinkel plaas vanaf 8.30vm vir 9vm.
Gerrie Jordaan is die spreker en kaartjies kos R100.
Jordaan is van Witbank waar sy ‘n uitreikingsbediening het en sy ‘n groot verskil in minderbevoorregte mense se lewens maak. Verder bedien sy met humor.
Vir besprekings, skakel Maria Furstenberg by 081-470-4496 of 011-972-1139 of Patricia Pearson by 082-435-2575 of 011-393-1596.