CrimeNews

Diewe teiken tweede laerskool

Dit het enkele weke nadat daar by 'n ander skool ingebreek is, gebeur

‘n TWEEDE laerskool het binne ‘n maand onder inbrekers, wat dieselfde modus operandi gebruik, deurgeloop.

Die jongste voorval het die nag van 16 Januarie by Laerskool Kruinsig plaasgevind.

Volgens Johan Kruger, Laerskool Kruinsig se hoof, het die diewe toegang tot die skool gekry deur dakplate te lig en so by die kantoor in te kom. Kruger het gesê dat die diewe weg is met rekenaars, projektors en kontant.

Die CCTV-kameras en die kamera se opnemer is ook gesteel. Hy het gesê dat die diewe twee kluise, waarin die goedere was, met ‘n slypmasjien oopgesny het.

Die diewe het gevlug deur die voordeur van die kantoor oop te breek.

Kruger het gesê hierdie inbraak stem baie ooreen met die een by Mooifontein Primary in Januarie. Diewe het hier ook deur die dak gekom, kluise oopgensny en deure gebreek.

Back to top button