MunicipalNews

Birchleigh vergader oor laekoste huise

Die metro wil die gedeelte noord van Springboklaan vir laekoste behuising (RDP huise) ontwikkel in plaas van medium koste

BEOOGDE laekoste behuising in Birchleigh word Saterdag bespreek wanneer Birchleigh Gemeenskapforum vergader.

Die vergadering is van 9vm tot 11vm by die NG Gemeente Birchleigh in Olienhoutlaan.

Stefan Hough, voorsitter van die forum, het gesê: “‘n Ernstige situasie is besig om in Birchleigh te ontwikkel. Ekurhuleni Metro Munisipaliteit is besig om van hul oorspronklike dorpsbeplanning af te wyk.

“Die metro wil die gedeelte noord van Springboklaan vir laekoste behuising (RDP huise) ontwikkel in plaas van medium koste, soos oorspronklik beplan is,” het Hough gesê.

“Kom maak seker dat jou naam as beswaarmaker wel opgeteken word.”

Vir meer besonderhede, skakel Jan Vermaak by 083-709-4467, Pierre Vorster by 082-943-8883 of Hough by 011-972-1518.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button