
TYDENS Ekurhuleni-Noord se meriete-funksie vir 2014 se matrieks is Hoërskool Kemptonpark as die top Afrikaanse skool in die distrik aangewys. Hierdie toekenning word gemaak op grond van slaagsyfer, universiteitstoelating en aantal onderskeidings behaal.
Benoni High School is as nommer een in die distrik aangewys.
Tydens hierdie spoggeleentheid by Emperors is ses vakke by Kempies ook as die beste in die distrik aangewys. Die vakke is Afrikaans huistaal, Engels eerste addisionele taal (5de keer opeenvolgend), rekenaartoepassingstegnologie, gasvryheidstudies, siviele tegnologie en ingenieursgrafika en ontwerp.
Twee matrieks van verlede wat onder die top vyf geëindig het, is Niel van Tonder (1ste) en Anri Swanepoel (5de). Niel is uiteindelik ook aangewys as die algehele wenner in die distrik.
Van die pryse wat hy gewen het behels ‘n skootrekenaar, drukker, sakke van die borge en verskeie ander geborgde pryse.
Ses leerlinge is ook as individuele toppresteerders in verskeie vakke aangewys. Hulle Niel van Tonder (drie vakprestasies, Afrikaans, Engels en fisiese wetenskap), Anri Swanepoel (toerisme), Chantelle Pieterse (gasvryheidstudies) en Gustav Streicher (ingenieurs grafika en ontwerp).
