‘n Motor wat Dinsdagoggend by Festival Mall gesteel is, is ure later verlate in Edleen gevind.
Die twee diewe is glo op die winkelsentrum se kameras vasgevang toe hulle met Stella en Arthur McKellar se silwer Honda Balad weggery het.
McKellar het gesĂȘ: “Ons was omtrent 40 minute binne die winkelsentrum by Telkom en toe ons uitkom, was ons motor weg.”
Die parkeerassistent het hulle ingelig dat hy die twee verdagtes in ‘n ander motor sien aankom het en dat hulle saam in die McKellars se motor daar weg is. Die verdagtes het die slot skelm gebreek en die kar aangesluit.
Die voorval het ongeveer 11.30vm gebeur en omstreeks 3nm het Dwaine van Alpha Sekuriteit ‘n boodskap gekry oor ‘n verdagte motor langs die pad in Greenlaan.
McKellar se dogter het gesĂȘ: “Ons is so bly ons het die motor teruggekry. Ek het vir al my Facebook-vriende gevra om te bid dat ons die kar terugkry. Wonderwerke gebeur tog.”
Edleen EMPD was spoedig op die toneel om vingerafdrukke the neem en verdere ondersoek in the stel.
Niemand is nog in verband met die diefstal aangekeer nie.
Die oop drade by die motor se aansitter.