CrimeNews

Kardiefstal by Festival Mall: Só het diewe uitgekom

Dogter glo wonderwerke gebeur nog

‘n Woordvoerder van die sekuriteitsafdeling by Festival Mall het aan Express verduidelik hoe diewe Dinsdagoggend ‘n gesteelde motor by die sentrum se parkeerterrein uitgekry het.

“Op die opname kan ons sien drie diewe het met ‘n Toyota Corolla by die winkelsentrum se parkeerarea ingekom en ‘n parkeerkaartjie ontvang.”

Twee van die diewe het in die gesteelde motor uitgery, terwyl die derde dief voor hulle uitgery het om die parkeerkaartjie in die masjien te druk.

“Die valhek by die in- en uitgang werk met sensors. As jy naby genoeg aan die kar voor jou ry (“tailgate”), tel die sensor dit op as een kar,” het hy verduidelik hoe die diewe uitgeglip het.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button