Local newsNews

Ouma Mara dood kort na haar 100ste

Sy het tot op 93-jarige ouderdom nog alleen in haar huis gebly, waarna sy haar intrek in Herfsland geneem het

‘n Oumagrootjie van Herfsland, wat op 28 Desember haar 100ste verjaarsdag gevier het, is op 24 Februarie dood.

Ouma Mara, soos sy bekend gestaan het, was 100 jaar en 53 dae oud.

EXPRESS het in Januarie oor Ouma Mara geskryf.

Mara is haar naam wel, maar oor die laaste 100 jaar het sy ‘n vol lewe geleef waarin daar nie tyd of plek vir bitterheid was nie.

Sy het haar skoolloopbaan in Calitzdorp begin. Na ‘n draai in Cradock het sy haar hoërskoolloopbaan in Lydenburg voltooi. As een van die vyf toppresteerders in die destydse Transvaal, het sy ‘n beurs ontvang om onderwys te gaan studeer.

Ouma Mara se hande het vir niks verkeerd gestaan nie en sy het haarself bewys as ‘n knap huisvrou, bobaaskok en kunstige naaldwerker.

In 1984 het die egpaar na Kemptonpark verhuis. Haar man is in 1997 oorlede en in 2010 het sy haar seun, Christo, aan die dood afgestaan.

Sy het tot op 93-jarige ouderdom nog alleen in haar huis gebly, waarna sy haar intrek in Herfsland geneem het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button