HENDRI van Dyk (22), ’n oud-leerling van Hoërskool Kempton Park en ’n vierdejaar student in finansiële rekeningkunde aan die Noordwes Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus, is Vrydagoggend deur ’n derdejaarstudent drie keer met ‘n sker gesteek.
Lerato (Mpati) Phoofolo (24) het Maandagoggend vlugtig in die Potchefstroomse Landdroshof verskyn op aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer.
Die staat wil hê dat sy borgtog, wat Vrydag toegestaan is, teruggetrek word aangesien hy sy borgtogvoorwaardes oortree het.
Van Dyk, HK-lid van die manskoshuis, is nie ernstig beseer nie. Hy drie diep steekwonde in sy bo-arm, blad en heup opgedoen.
Van Dyk het Phoofolo glo oor sy harde musiek aangespreek toe die beweerde voorval plaasgevind het.
Van Dyk se koshuismaats het die aanvaller vasgedruk en die skêr by hom gevat.
