Geliefde onnie tree af na 41 jaar in die beroep
Al die veranderinge in die onderwysstelsel het sy as 'n uitdaging gesien
‘n Onderwyseres wat vir 33 jaar by Laerskool Kemptonpark voor die klas gestaan het, het einde laasjaar afgetree.
Hettie Geldenhuys was vir 41 jaar in die onderwysberoep.
Lees ook:
• Daar was net een Juffrou Sarie
• Oues se staatmaker tree af na 26 jaar
Na haar huwelik met haar man Alan in 1973, het dié Vrystater haar na drie jaar in die onderwys haar by hom in Kempton Park aangesluit. Sy het ‘n pos by Laerskool Bredell gekry en ‘n hele paar jaar daar skoolgehou.
So tussen haar eie drie seuns grootmaak en skoolhou, was sy vanaf 1992 ook departementshoof van die grondslagfase by Laerskool Kemptonpark. Alles wat sy gedoen het, het sy met geesdrif aangepak en ten beste uitgevoer.
Sy het ‘n positiewe lewensuitkyk en al die veranderinge in die onderwysstelsel het sy as ‘n uitdaging gesien. Sy sal nog lank onthou word vir haar toegewydheid teenoor die leerders en die skool.
Sy was deur die jare nou betrokke by Kemptonpark Kunswedstryd en het haar veral uitgeleef in die skryf en afrig van sangspeletjies. Sy was vir jare die graad 1 Afrikaanse afdelingshoof en het ook op die bestuur gedien. Sy was ook lank die begeleier van Laerskool Kemptonpark se kore.
Die personeel en leerders van die skool het op ‘n gepaste wyse afskeid geneem en wens Juffrou Hettie net die beste toe vir die toekoms. Nou kan sy haar tyd verwyl deur met Mia en Ava, haar twee kleindogters, te kuier.
