Local newsNews

GPF bespreek hoe om misdaad hok te slaan

’n Nuwe bestuurspan sal ook gekies word

HOE om misdaad hok te slaan sal bespreek word gedurende Birchleigh se Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) se vergadering Saterdag om 9vm by die NG Gemeente Birchleigh in Olienhoutlaan. Norkemoark GPF sal teenwoordig wees.

“Met die ekonomie wat so knou, styg die misdaad erg in ons area en spesiale reëlings moet getref word in ons gesamentlike stryd daarteen. Norkempark GPF het die inisiatief geneem om hul aktiwiteite sodanig bekend te stel dat huishoudings daarvan moet kennis neem en ook aktief betrokke moet raak,” sê Stefan Hough, voorsitter van Birchleigh GPF.

’n Nuwe bestuurspan sal ook verkies word sodat jong en energieke lede die verantwoordelikheid op hul skouers kan neem om te sorg vir die veiligheid van hul bure gesinne.

Vir meer inligting, skakel Hough by 011-972-1518.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button