Local newsNews

Jou gemeenskap het jou nodig

Helpende Hand se vrywilligertakke is van onskatbare waarde

SOLIDARITEIT Helpende Hand is op soek na vrywilligers met ‘n hart vir hulle gemeenskap.

Helpende Hand is ‘n nasionale organisasie sonder winsbejag en fokus op die voorkoming, verbreking en verligting van armoede.

Bly jy in enige van die volgende voorstede: Estherpark, Kemptonpark-Wes, Kempton sakegebied, Van Riebeeckpark, Birchleigh, Pomona of Bredell? Steek jou hand op en help om mense in Kempton en omliggende gebied op te hef.

Kinders en bejaardes het omgeemense soos jy nodig. Mense met die vinger op die pols van sy of haar gemeenskap, mense wat weet wat in hulle voorstad aangaan.

Dalk is jy betrokke by jou plaaslike laerskool se broodjieprojek, of deel van die ouerondersteuningsgroep. Miskien is jy betrokke by jou kerk se barmhartigheidskomitee. Dalk klop jou hart eenvoudig net warm vir ons behoeftige kinders en bejaardes.

“Helpende Hand se vrywilligertakke is van onskatbare waarde vir ons,” sê Ella Pieterse, voorsitter van Kemptonpark se tak.

“Hulle is ons hande en voete in die gemeenskap en sonder hul opoffering, tyd en onbaatsugtige diens sal Helpende Hand nooit sy doelwitte om gemeenskappe op te hef, verwesenlik nie.

“Ons glo dat dit ons plig is om te probeer om grootliks weerloses se armoede te verlig – kinders, bejaardes en gestremdes.”

Belangstellendes kan Adele Kruger by 082-406-3655 skakel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button