Local newsNews

300 kerkvroue woon saamtrek by

GP van Rheede van Oudtshoorn het al die pad van Potchefstroom gekom om as spreker op te tree

DIE Gereformeerde Kerke Kemptonpark en Kemptonpark-Noord het vanjaar die geleentheid gehad om die plaaslike jaarlikse sustersaamtrek aan te bied.

Gereformeerde Kerke dwarsoor die land bied almal soortgelyke saamtrekke op dieselfde dag in Maart aan. Kempton se saamtrek was by die Kempton-gemeente in Huggettstraat.

Meer as 300 vroue het die saamtrek bygewoon, waar GP van Rheede van Oudtshoorn die spreker was. Die groep It Takes Four het ook opgetree.

GP van Rheede van Oudtshoorn het al die pad van Potchefstroom gekom om as spreker op te tree.

Wat die geleentheid meer besonders gemaak het, is die feit dat die Kempton-Noordgemeente vanjaar sy 50ste bestaansjaar vier. Dié gemeente het afgestig van die Kempton-gemeente.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button