Birchleigh-inwoners kan by vergadering herregistreer vir verkiesing
Verkiesing van ’n nuwe bestuur vind ook plaas

ALLE Birchleigh inwoners word genooi om die Gemeenskapspolisiërings Forum (GPF) vergadering by te woon op 12 Maart om 9vm in die Birchleigh NG kerksaal om te gesels oor die sukses van die her-registrasie proses.
“Die regering het verskillende nuwe afbakenings vir kies-afdelings gemaak, wat ons in Birchleigh direk affekteer. Indien ’n stem-geregdigde in ’n nuwe kies-afdeling val, moet hy of sy her-registreer sodat jou naam op die kiesers-lys van die nuwe wyk val,” sê Stefan Hough, lid van die forum.
Vermy lang rye en kwaad raak en luister hoe om die eerste keer reg te her-registreer by die vergadering. Her-registrasie begin om 10vm dieselfde dag.
Verkiesing van ’n nuwe bestuur vind ook plaas.
Vir meer inligting kontak Hough by 011-972-1518.
