Local newsNews

Benodig jy hulp met jou verslawing?

Byeenkomste vir verslaafdes vind plaas op Maandagaande om 7nm

’n Nuwe Christelike Afhanklikheidsdiens (CAD) komitee is onlangs by die jaarlikse vergadering verkies met die doel om persone wat sukkel met verslawing en hulp soek, te motiveer om te gaan vir behandeling by enige van die klinieke aan die Oos-Rand.

CAD is ’n nie-winsgewende Christelike organisasie wat hom beywer om morele bystand te verleen aan herstellende dwelmverslaafdes en hul gesinne.

Om te gaan vir behandeling is die eerste stap op die herstelpad, maar die volhoubaarheid en uiteindelik die verlossing van verslawing verg deursettingsvermoë en dit is waar die CAD tot sy reg kom.

“Deur weekliks ’n byeenkoms te hou word besprekings aangebied en probleme bespreek. CAD-lede leer mekaar ken en verstaan en ’n nuwe lid word baie gou in die ‘familie’ opgeneem,” sê Johan de Villiers, takbestuurder van Johannesburg CAD.

Byeenkomste vind plaas op Maandagaande om 7nm by die Gereformeerde Kerk op die hoek van Highveld- en Huggettstraat.

Vir enige navrae, kontak Maans by 072-303-2671 of Chris by 081-841-5959.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button