Local newsNews

Jonges van AfriForum maak gemors skoon

Die tak is dankbaar vir die hulp en ondersteuning wat hulle gekry het

DIE nuutgestigte jeugvleuel van AfriForum se Kemptonpark-tak het die hope gemors by die vullisoorlaaistasie by McDonald’s in Mooirivierrylaan, Norkempark onlangs skoongemaak.

Die gebied is al verskeie jare ’n groot kopseer en seeroog vir inwoners.

Also read:

• Transfer station will not go, says metro

Armando Loureiro, eienaar van ’n plaaslike onderneming, het aan AfriForum gesê dat hy al vantevore versoek het dat die gebied skoongemaak word. Hy het voorts genoem dat vullis bloot by die ingang afgelaai word en dat motoriste dikwels pap bande kry omdat glas en spykers in die pad lê.

Volgens Etienne Cloete, ’n inwoner van Norkempark, skep die gebied verder ook ’n swak indruk by veral eetplekke, wat aan streng higiëniese regulasies moet voldoen.

“Hoewel ons span nog klein en nuut is, sal ons ons beste doen om ’n positiewe en daadwerklike verskil in die gemeenskap te maak,” het René Reichel, voorsitter van die jeugvleuel, gesê.

Die tak is dankbaar vir die hulp en ondersteuning wat hulle onder meer van MML Sekuriteit, die plaaslike AfriForum-buurtwag en elke lid uit die gemeenskap ontvang het om die jongmense se veiligheid tydens die skoonmaakaksie te verseker.

“Die jeug in Kemptonpark stel ’n goeie voorbeeld van hoe probleme positief getakel kan word,” het Rian van Jaarsveld, voorsitter van AfriForum se Kemptonpark-tak, gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button