Local newsNews

Toer saam en vind uit oor jou voorsate

Om by die plaaslike werkgroep aan te sluit of in te loer, skakel Wanda by 083-289-6190

DIE jaarlikse familienavorsingstoer na argiewe en historiese plekke in die Wes-Kaap vind weer in Augustus plaas.

Dit word deur die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika aangebied, wat ook plaaslik ’n werkgroep bedryf onder die beskerming van die Vriende van die Kempton Parkse Biblioteke.

Belangstellendes wat nog nuut in die veld is, word voor die tyd touwys gemaak. In die Kaapse argiewe kan jy uitvind wie jou stamvader was en nog baie meer oor jou voorgeslag. Die groep sal vir ’n volle werksweek onderweg wees. Alles word vooraf vir deelnemers gereël en is by die prys ingesluit.

Om meer oor die toer uit te vind, skakel Ellen by 011-972-0003 of 072-594-9050.

Om by die plaaslike werkgroep aan te sluit of in te loer, skakel Wanda by 083-289-6190.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button