Local newsNews

Proppie-projek vat vlam onder Kemptonparkers

Elani en haar ma het altesaam meer as 2 000 proppies ingesamel, met die hulp van die Kemptonpark gemeenskap.

INWONERS van Kemptonpark het hulle harte oopgemaak die afgelope week, deur drie swart sakke vol proppies te skenk vir die insameling van ’n rolstoel.

Elani Beukes (30), wat die projek begin het, is serebraal gestrem en wil graag vir nog ’n minderbevoorregte gestremde persoon ’n rolstoel skenk, net soos hare.

Die Sweethearts Foundation het ’n projek geloods waar enige iemand proppies van koeldrankbottels kan insamel en vir elke 150kg, wat gelykstaande is aan 10 000 proppies, wat ingesamel word, skenk hulle dan ’n rolstoel.

“Ek het vir Elani ontmoet deur een van my vriendinne wat hulle baie goed ken en sy het so diep in ons almal se harte ingekruip. Onlangs by ’n samekoms het ek weer vir Elani gesien en ek het gehoor van haar projek om proppies in te samel, en dat sy dit so baie geniet, ek het toe besluit om te help deur die gemeenskap van Kempton betrokke te kry, die terugvoer was oorweldigend,” vertel Jeané Vosloo, insamelaar van die proppies.

Vir Elani is dit nie net ’n projek nie, want sy leer ook hoe om kleure bymekaar te sit en groepies te maak met die proppies.

Elani en haar ma het altesaam meer as 2 000 proppies ingesamel, met die hulp van Kemptonpark inwoners.

“Elani is baie opgewonde oor al die proppies wat sy ontvang het, en as daar nog inwoners is wat graag wil bydra tot hierdie projek kan hulle die proppies aflewer by Sign Source and Numberplates op die hoek van Monument en Palm strate,” sê Vosloo.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button