FRIK (74) en Susie (69) Kruger het hul 50ste huweliksherdenking op 23 April saam met familie en vriende gevier.
Die egpaar is op dié dag in 1966 in die destydse Rhodesië getroud waar Susie ook gebore is. Hulle was ses maande na hul ontmoet het verloof en ’n verdere ses maande later het die paartjie die knoop deurgehak.
Direk na die troue het hulle Suid-Afrika toe getrek en in Johannesburg gewoon tot in 1971. Hul twee kinders is ook hier gebore.
Frik het as ’n tikmasjien-werktuigkundige gewerk en hulle het in 1972 weer na Zimbabwe verhuis vir twee jaar.
Hy het in 2004 afgetree op die ouderdom van 63 en sedertdien woon die egpaar in Allenpark.
Die Krugers het twee kinders en drie kleinkinders.
