Kempton-Kruin vier Pinksterfees
Tydens vanjaar se Pinksterreeks sal 'n paar teoloë kerkwees deur die Gees bespreek

CHRISTELIKE kerke herdenk die uitstorting van die Heilige Gees in die Pinkstertyd (10 dae) tussen Hemelvaart en Pinksterfees.
Die NG Gemeente Kempton-Kruin hou sy eredienste vanaf 8 tot 12 Mei.
Die tema vanjaar tydens die aanddienste is: “Kerkwees deur die Gees”. God stuur sy Gees om ons toe te rus en te begelei om as volgelinge van Jesus sy kerk, in 2016, in Kemptonpark, te wees.
Tydens vanjaar se Pinksterreeks sal ’n paar teoloë kerkwees deur die Gees bespreek. Die prediker is ds Michelle van Tonder.
Kinderpinkster word in dieselfde tydgleuf aangebied. Voor die aanvang van die bidure sal daar sop in die saal beskikbaar wees en almal is welkom om die gasvryheid van die gemeente te kom geniet en ’n gemeenskap van gelowiges te ervaar.
In die oggende is daar ’n alternatiewe reeks vanaf Maandag, 9 tot 12 Mei. Daar sal ruim geleentheid vir gebed wees. Die tema hier sal wees: “Die Heilge Gees leef”. Dr Danie Malan is die prediker.
Na afloop van hierdie dienste word daar saam sop en broodjies genuttig.
Op Donderdag 9 Mei word elkeen genooi om ’n piekniekmandjie saam te bring om na die tyd saam te eet.
Hemelvaartdienste vind plaas op 5 Mei om 10vm en 7nm.
Pinkstertye: Sondag 8 Mei om 6nm, 9 tot 12 Mei om 8.45vm en 7nm.
Kontak die kerkkantoor by 011-391-1343 vir verdere navrae.
