Local newsNews

Oogkundiges toets jeug se oë gratis

Solidariteit Helpende Hand Kemptonpark gaan hierdie projek regdeur die jaar voortsit

DIE jeug van Solidariteit Helpende Hand Kemptonpark het onlangs hul oë gratis laat toets by Spec-Savers in Festival Mall.

“Om goed in die klas te kan sien of om gemaklik te lees is belangrik en ons wil seker maak dat al die kinders betrokke by ons jeug nie probleme hiermee ondervind nie,” het die jeugleier, Liza Smith, verduidelik.

As deel van Spec-Savers se korporatiewe sosiale verantwoordelikheidspogings bied hulle gratis oogtoetse vir kinders aan tussen die ouderdom van ses en 12 jaar.

“Die span het flink gereageer en boonop ook vir die kinders wat ’n bril benodig, een gratis verskaf.”

Solidariteit Helpende Hand Kemptonpark gaan hierdie projek regdeur die jaar voortsit. Die tak bedank die span vir hul moeite en hulp met hierdie projek.

Vir enige navrae oor die tak, skakel met die voorsitter, Ella Pieterse, by 082-406-3655.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button