Die Denique VLU aandtak het onlangs sy 20ste bestaansjaar met ‘n pik-en-proe-aand gevier.
Die tak is op 6 Mei 1996 gestig, aan huis van Corrie du Plessis. Sy is tans die vise-voorsitter van die Goudrifstreek.
‘n Paar stigterslede, Elize Breytenbach, Sandra Mynhardt, Joan Badenhorst en Bets Lourens, is nog steeds lede van die tak.
Breytenbach, tans die voorsitter, het van die tak se hoogtepunte van die afgelope jaar met lede gedeel.
Lede moes hulle kleingeldbotteltjies versier en Petro Meyer se botteltjie is deur die lede as die wenner aangewys.
Die spreker by die geleentheid was Carla Heese, ‘n bibliotekaresse. Sy het stukkies voorgelees uit Griet skryf ‘n sprokie en Briewe uit Provence, van die skrywer van die jaar, Marita van der Vyver, en interessante inligting oor haar gedeel.
Nuwe lede wat graag by Denique wil aansluit, kan vir Breytenbach by 083-293-7180, of vir Susan Labuschagne by 083-287-7488 skakel.
Die tak vergader een keer ‘n maand, op ‘n Maandagaand, by Herfsland, met interessante sprekers en demonstrasies.

