Local newsNews

Laerskool Birchleigh hou familiefees

Kaartjies beloop R100 vir volwasses en kinders bo 12 en R50 vir kinders onder 12

LAERSKOOL Birchleigh hou sy jaarlikse familiefees op 27 en 28 Mei met hope pret vir almal.

Die fees skop Vrydag af met ’n 5km pretloop waar alle fondse wat ingesamel word vir die verspreiding van Bybels gaan.

Kunstenaars soos Jakkie Louw, Brendan Peyper en Juandre Marais tree op, asook drie jeugkore.

Daar sal ook verskeie kosstalletjies wees, ’n pretpark, boerespeletjies vir kinders, potjiekoskompetisies, ’n Harley Davidson-uitstalling en baie ander vermaak.

Kaartjies kos R100 vir volwasses en kinders bo 12 en R50 vir kinders onder 12.

Vrydag maak die hekke 3nm oop tot laat en Saterdag van 7vm tot laat.

Vir enige navrae, kontak Sanet van der Merwe by 011-972-2127 of Neill Muller by 071-684-6999.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button