Local newsNews

Vind uit by Vriende se oggendtee of jy ’n diva is

Kaartjies beloop R50 per persoon

KOM kuier saam met die Vriende van die Kempton Park Biblioteke by hul oggendtee op 11 Junie om 9.30vm en vind uit of jy ’n diva is.

Die tee sal gehou word by die Birchleigh Biblioteek se Wynand Marais Gemeenskapsentrum in Olienhoutstraat.

ATKV-Veertjie wenner en bekroonde skryfster, Sophia Kapp, is die gasspreker by die tee waar sy onder meer gaan gesels oor haar nuutste publikasie, Oorlewingsgids vir ’n bedonnerde Diva.

Kaartjies beloop R50 per persoon en kan gekoop word by die Birchleigh en Birchleigh-Noord biblioteke.

Hierdie is ’n gemeenskapsprojek deur Die Vriende van die Kempton Park Biblioteke ten bate van Birchleigh en Birchleigh-Noord biblioteke.

Vir meer inligting of navrae skakel Cora by 011-999-4124.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button