Riebies reik uit na kinders in hospitaal
Elke kind in die kindersaal het 'n geskenksakkie ontvang
LAERSKOOL van Riebeeckpark se 30+ Uitreikprojekte is besig om ‘n verskil in die gemeenskap te maak.
Op 9 Mei het die Riebies, in samewerking met Arwyp se “Pay forward Project”, Edenvale Hospitaal besoek. Elke kind in die kindersaal het ‘n geskenksakkie ontvang.
In elke sakkie was daar ‘n sagte speelding, inkleurboek (geborg deur Arwyp), kryt, waslappie, ‘n sepie en ‘n word-gou-gesond-kaartjie wat deur ‘n trotse Riebie versier is.
Nobuhle Linda, lid van die bemarkingspan van Arwyp, sê dat dit vir haar ‘n voorreg was om saam met die Riebies te kon werk. Arwyp het groot waardering vir dit wat die skool gedoen het en sien uit daarna om weer ‘n projek saam aan te pak.
