Local newsNews

AP Kerk hou op 4 Junie kermis

Een van die hoogtepunte is die eg-Hollandse kaas

DIE Afrikaanse Protestantse Kerk Kemptonpark hou Saterdag, 4 Junie sy kermis vanaf 9vm op die kerkgronde op die hoek van Rietfonteinweg en Pioneerstraat in Glen Marais.

Daar is ontbyt met pap, wors, eiers, kaiings en heerlike moerkoffie uit blikbekers.

Vleis en wors teen billike pryse sal te koop wees, asook roosterbrood en gebraaide wors, lekkergoed, potjiekos, poeding, pannekoek, vetkoek en maalvleis, kerrie-en-rys, jaffels, gebak, handwerk, houtwerk, gebruikte boeke, plante en groente.

Verder is daar ook ‘n teetuin,witolifanttafel, springkasteel, speletjies en skyfskiet.

Een van die hoogtepunte is die eg-Hollandse kaas en talle ander stalletjies.

Vir meer besonderhede, skakel Elma by 073-972-1267 of Marietjie by 082-879-7645.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button