Local newsNews
Groot pret by skool se familiefees
Saterdagaand het die onderwysers, ouers en kinders die feestelikhede met 'n groot potjiekosfees afgesluit
OUERS, onderwysers en leerders van Laerskool Birchleigh het hope pret gehad by die skool se familiefees die afgelope naweek.
Besoekers is vermaak met optredes deur kunstenaars soos Jakkie Louw, Juandré Marais en Brendan Peyper.
Die kinders het ook verskillende aktiwiteite geniet, daar was ‘n verskeidenheid stalletjies, ‘n rugbywedstryd en boeresport.
Dag twee het begin met ‘n 5km stap vir Bybels om die blok. Saterdagaand was daar ‘n potjiekosfees.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!


