Local newsNews

Allenpark se ouer inwoners hou ‘kinderpartytjie’

Een inwoner het haar 96ste verjaarsdag saam met almal gevier

ALLENPARK het Woensdag sy jaarlikse partytjie vir al sy inwoners wat 90 jaar en ouer is, gehou.

Dit was ook tannie Miemie Nel se 96ste verjaarsdag.

Oom Japie Visser (90) het “Veels Geluk” op die klavier gespeel terwyl almal heerlik saamgesing het.

Sien nog foto’s hier

Die vroue van die NG Gemeente Mooifontein het vir die heerlike eetgoed gesorg, terwyl die uitvoerende direkteur van die raad vir bejaardes, André Naude, en inwoner Robert Fourie die vermaak verskaf het.

Sarie Scheepers, die leefstyl-bestuurskonsultant van Allenpark, het vanjaar uitgehaal met al die verskillende versierings op die tafels.

“Die inwoners praat altyd van hoe hulle terugdink aan hulle jongdae en hoe dit hul gelukkigste tye was, daarom het ons op ’n kinderpartytjietema besluit,” het Scheepers gesê.

“Ons is baie bevoorreg om soveel ouer inwoners by ons te hê en ons wens dat die Here Sy hande styf om julle sal toevou,” het Naude die inwoners toegewens.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button