Local newsNews

Kempton-maatjies, help vir Lollos sy lag soek

Kaartjies beloop R80 per persoon

DIE gewilde uitheemse karakter, Lollos, sal op 25 Junie maatjies van regoor Kemptonpark vermaak met sy opvoedkundige en prettige liedjies.

Die vertoning, genaamd Lollos 8 Skaterlag, wys om 10vm in die Kaleideo-ouditorium.

In hierdie reeks het Lollos sy lag verloor. Ewe skielik wil sy vlerkies nie meer klap om te kan vlieg nie, nie eers as die kindertjies lag nie.

Dit maak vir Lollos baie mismoedig. Lettie en Disco moet gou ’n plan beraam om weer Lollos se lag terug te kry. Hulle vra vir Karla om saam met hulle ’n kompetisie te hou om iemand te vind wat weer Lollos se lagsnare sal kan kielie.

Intussen skaterlag die gehoor op die ritme van skreeusnaakse nuwe Lollos-liedjies en hulle kan beslis ook ou bekendes verwag in ’n opgewekte vertoning met lekker gehoordeelname. Sal Lollos weer sy lag vind?

Lollos is ’n opvoedkundige Afrikaanse vertoning gerig op kinders tussen die ouderdomme van een en 10 jaar. Lollos se hele uitgangspunt is om kinders aktief te kry en saam te dans.

Die vertoning is uniek deurdat terwyl hulle lekker saam beweeg en fiks word en ook iets leer. Hulle leer onder meer die ABC, hoe om te tel, die dae van die week, hoe om gesond te eet en fiks te raak, oor ons land, herwinning en vele meer.

Lollos geniet dit verskriklik om te dans, maar hou ook daarvan om wegkruipertjie te speel met sy beste maatjie, wate natuurlik Lettie is.

Kaartjies beloop R80 per persoon en is beskikbaar by 082-410-7682 of info@lomatrio.co.za of by die deur.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button