Local newsNews

Wen kaartjies na Jakkals en Wolf

Antwoord die volgende vraag...

DANKSY Kindervermaak Suid-Afrika en Enteractive Productions staan vyf gelukkige maatjies die kans om dubbelkaartjies na die bekende Jakkals en Wolf-vertoning op 9 Julie wen deur een maklike vraag te antwoord.

Die vertoning vind plaas om 11vm in die Kaleideo-ouditorium en kaartjies kos R90 ‘n persoon – aanlyn of by die deur.

Die ewige stryd tussen Jakkals en Wolf wat altyd die hare laat waai, word herskep in ’n skreeusnaakse, avontuurlustige vertoning wat gemik is op beide jonk en oud.

Dit is visueel aanloklik vir kinders onder drie jaar en is intellektueel aantreklik vir ouderdomme 3-12 jaar met volwasse humor wat ou nostalgie in die ouer garde sal opwek.

Vir meer inligting of besprekings, besoek Jakkals en Wolf se Facebook-blad of skakel Joleen by 082-410-7682 (epos admin@kindervermaak.co.za).

Vraag: Waar word Jakkals en Wolf opgevoer?

Plaas jou antwoord in die kommentaar-afdeling by die artikel op Kempton Express se Facebook-blad. Die sluitingsdatum is Vrydag, 1 Julie om 10vm.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button