Local newsNews

Maranatha wen eerste Sing in Harmonie

Inskrywings is tans oop vir 2017

MARANATHA Christian School se koor was Sondagaand, 26 Junie, die wenners tydens kykNET se koorkompetisie, Sing in Harmonie.

Hulle teenstanders was die kore van Laerskool Elspark en Summerfields.

Met bykans 90 deelnemende skoolkore landwyd en R178 000 in pryse op die spel, is dit verseker die grootste koregebeurtenis in Suid-Afrika.

Maranatha Christian School sal later vanjaar te sien wees in die grande finale wat plaasvind op 24 September by die Silver Star Casino Globe in Krugersdorp, waar ’n gehoor van bykans 3 000 toeskouers verwag word.

Image2

Gaskunstenaars insluitend Karlien van Jaarsveld, Joe Foster en baie meer sal die verhoog met hulle deel.

“Dit was vir ons ’n heerlike ervaring om vir die eerste keer aan die reeks deel te neem en boonop ‘n bonus om deur te dring na die finaal,” het Hester van der Westhuizen, dirigent van die koor, gesê.

Die reeks se uitvoerende vervaardiger en aanbieder, Anthonie Bougas (ook aan die stuur van reekse soos Uitblinkers, Kleuterzone en Solis vir Christus), is verstom oor die talent wat vanjaar navore kom.

Wat is Sing in Harmonie?

“Sing in Harmonie is die eerste kompetisie wat vir laerskoolkore regoor Suid-Afrika die kans bied om op nasionale TV hulle merk te maak en in die proses hul deel van R178 000 se pryse los te slaan,” het Anthonie gesê.

Die reeks vier ook vanjaar sy derde bestaansjaar ná die reuse sukses van die tweede reeks in 2015.

Inskrywings is tans oop vir 2017. Kore word aangeraai om so gou moontlik in te skryf, aangesien daar ’n beperking op die getal inskrywings is.

Image6_92105

Kitsfeite

1. Daar is drie afdelings, naamlik junior kore (laerskool gr 1 – 3), senior kore formeel (laerskool gr 4 – 7) en senior kore informeel (laerskool gr 4 – 7).

2. Elke afdeling het R58 000 se pryse op die spel.

3. Koorsang is die een aktiwiteit wat nie seisoenaal gekenmerk word nie; leerders wat daaraan deelneem is regdeur die jaar pligsgetrou.

4. Groot advertensieborde van Sing in Harmonie was reeds vroeg in Junie langs Gauteng se paaie te sien.

5. Nog pryse sluit in ’n CD-opname van 10 snitte, ’n musiekvideo-opname, R10 000 kontant vir die wenskool en hope TV-blootstelling.

“Ek het as kind en tiener in verskeie kore gesing, maar koorsang was ’n aktiwiteit wat nie altyd erkenning gekry het soos sport nie. Daarom wou ek ’n geleentheid skep waar hierdie leerders, wat soms uit voel, die kans kry om op nasionale vlak en boonop op TV hul merk te maak,” het Anthonie gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button