Local newsNews

Kruinsig deur in groot koorkompetisie

Die reeks se uitvoerende vervaardiger en aanbieder is Anthonie Bougas

LAERSKOOL Kruinsig het hom by nog ’n Kemptonparkse skool aangesluit toe hy episode drie van Sing in Harmonie op kykNET gewen het.

Die episode is op 10 Julie uitgesaai en die ander kore wat deelgeneem het, is Laerskool Impala en Curro Waterstone College.

Maranatha Christian School het ook al gekwalifiseer om op 24 September by Silver Star Casino in Krugersdorp aan die grande finale deel te neem.

Bykans 90 skoolkore landwyd neem deel en met prysgeld ter waarde van R178 000 op die spel, is dit verseker die grootste kore gebeurtenis in Suid-Afrika.

“Vir ons as koor is dit ’n awesome ervaring, dankie aan almal wat die geleentheid moontlik gemaak het. Ons sien uit na die finaal,” het Antoinette Nightingale, dirigent van die koor, gesê.

Die reeks se uitvoerende vervaardiger en aanbieder is Anthonie Bougas.

Inskrywings is tans oop vir 2017. Kore word aangeraai om so gou moontlik in te skryf, aangesien daar ’n beperking op die getal inskrywings is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button