
WIL jy Casa Caritas finansieel ondersteun en in die proses ekstra geld maak?
Is jy bereid om na normale kantoorure te werk? Selfs Vrydae en Saterdae? Is jy ouer as 18 jaar?
Indien ja, hoekom verkoop jy nie saans rose en sagte speelgoed by restourante nie? Vervoer en opleiding sal verskaf word.
Vergoeding is streng op ’n kommissie- en bonusstelsel. Jy werk in die week van 6nm tot 10nm en Vrydae en Saterdae van 6nm tot 11nm. Die werk is ideaal vir skoolverlaters, iemand wat ekstra sakgeld wil maak of sommer net om iets anders te kan doen.
Skakel Antoinette by 078-222-7876 tussen 9vm en 4nm vir meer inligting.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
