NG Kerk Birchleigh hou groot winterfees
Daar is ook kompetisies met groot en interessante pryse

ALMAL word genooi na die NG Kerk Birchleigh se jaarlikse winterfees wat oudergewoonte in ’n groot tent op Laerskool Birchleigh se sportgronde plaasvind.
Vanjaar se fees vind plaas op 29 en 30 Julie en die tent beloof om gevul te wees met die heerlikste reuke, vanaf braaivleisvure, roosterkoeke, kerrie-en-rys, en pannekoek tot ander smulkosse.
Die verrigtinge begin die Vrydagmiddag om 1nm en hervat Saterdagoggend om 7vm met ontbyt. Vrydagmiddag word ’n “drive-thru” van 4nm tot 7nm aangebied, of inwoners kan gebruik maak van die kerk se “bel en bestel”-aanbod. Bestellings kan die Vrydag tot 12nm by 071-235-0529 geplaas word.
Beide dae is daar verskeie aktiwiteite vir die kinders, waaronder gesigverf, springkasteel, ballonkunstenaar, inkleurkompetisies en kardoesies met ’n verskeidenheid van lekkernye.
Daar is ook kompetisies met groot en interessante pryse.
Vir verdere inligting, skakel Dean Reiners by 060-609-5068 of Susan Moolman by 011-391-2498.
