Local newsNews

MES se fotokompetisie vat vlam

Elke kind wat inskryf sal ‘n A5 grootte foto ontvang

INSKRYWINGS vir MES se Baba- en Kleuterkompetisie het behoorlik vlamgevat.

Kleuterskole, ouers en grootouers word aangemoedig om kinders vir die kompetisie in te skryf. Fondse is ten bate van MES Kemptonpark wat verskeie liefdadigheidsprojekte in die middestad van Kemptonpark bestuur.

Die inskrywingsfooi vir die kompetisie is R40 per kind. Die fotograaf, Hannes Roodt, besoek tans skole om foto’s te neem. ’n Afspraak kan ook direk met hom gemaak word.

Vyf foto’s, wat na willekeur gekies word, word weekliks in Kempton Express geplaas. Ongelukkig kan ons nie al die foto’s plaas nie.

Daar is wonderlike pryse op die spel. Elke kind wat inskryf sal ’n A5 grootte foto ontvang.

Die wenners sal by die kinderfees op 27 Augustus by Dries Niemandtpark aangekondig word.

Pryse vir al die fotokompetisiewenners in elke kategorie:

• Eerste prys: R600 plus ’n familiefotosessie saam met Hannes Roodt

• Tweede prys: R300

• Derde prys: R100

Daar is ses kategorieë:

• 0-12 maande (meisies en seuns)

• 12-36 maande (meisies en seuns)

• 3-6 jaar (meisies en seuns)

Vir verdere inligting oor die fotokompetisie kontak Hannes Roodt by 082-767-9266 of hannesroodt1@gmail.com, vir vlooimarkstalletjies kontak Gert Lotz by 082-574-7258 of gertlotz@gmail.com, en vir navrae oor die kinderfees kontak Aloma Swanepoel by 082-652-3398 of aloma@mes.org.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button