Local newsNews

Kerk se winterfees reuse sukses

Feesgangers het smullekker burgers, boerewors rolle en roosterkoeke geniet

DIE NG Kerk Birchleigh het sy jaarlikse winterfees by die naweek by Laerskool Birchleigh gehou.

Soos gewoonlik het die twee dae ‘n reuse sukses uitgedraai en almal het die koue weer trotseer om die kerk te ondersteun. Feesgangers het smullekker burgers, boereworsrolle en roosterkoeke geniet, asook pannekoek en tuisgemaakte beetblatjang.

Gesigverf, teikenskiet en vele meer aktiwiteite was beskikbaar om die kinders besig te hou, hoewel dit gelyk het asof die pa’s dit meer geniet het as die kinders.

Daar was ook gebreide klere, tweedehandse boeke en ornamente vir die huis te koop. AfriForum se Kempton Park-tak was ook teenwoordig by die feestelikheid.

Kyk hier na nog foto’s

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button