MES Kemptonpark wil graag vir soveel moontlik kinders die geleentheid bied om vir die jaarlikse baba- en kleuterkompetisie in te skryf.
Die fotograaf, Hannes Roodt, besoek tans skole om foto’s te neem, maar gaan ook op die volgende dae by sy ateljee wees: 8 Augustus om 9vm, 9 Augustus om 9vm en 3nm, en 13 Augustus om 2nm.
Die neem van die foto’s is gratis.
Indien jy belangstel, epos hom by hannesroodt1@gmail.com of stuur ‘n sms aan 082-767-9266. Inskrywingsvorms is ook by hom beskikbaar.
Die inskrywingsfooi vir die kompetisie is R40 ‘n kind. Elke kind wat inskryf, sal ‘n A5-grootte foto ontvang. Daar is ook verskeie kontantpryse op die spel.
Die wenners van die kompetisie sal by die Kemptonpark Kinderfees aangekondig word. Dit vind plaas op 27 Augustus by Dries Niemandtpark. Meer inligting is op die inskrywingsvorms.
Hierdie jaarlikse fees beloof om ‘n pretvolle dag vir die hele gesin te wees. Daar sal verskeie ritte, vermaak, kosstalletjies en vlooimarkstalletjies wees om te geniet. Fondse is ten bate van MES Kemptonpark wat verskeie liefdadigheidsprojekte in die middestad van Kemptonpark bestuur.
Donasies is welkom. Indien iemand graag ‘n donasie wil maak, skakel Aloma Swanepoel by 082-652-3398 of epos aloma@mes.org.za.
Vlooimarkstalletjie kos R200. Indien jy een wil bespreek, skakel Gert Lotz by082-574-7258 of gertlotz@gmail.com.




