Local newsNews

Skoene-uitskop-kuieroggend by NG Kruin se vrouedagoggend

Daar sal ook verskeie uitstallings

KEMPTON-Kruin se vroue bied hul jaarlikse Vrouedagvierings op 13 Augustus in die kerksaal van die NG Gemeente Kempton-Kruin aan. Die tema vir 2016 is Van toeka tot nou.

Diegene wat die afgelope twee jaar daar was, sal getuig dat dit ‘n heerlike kuieroggend is met iets vir die gees en vlees.

Die dag se aktiwiteite beloof baie interessant te wees: Anza sal op ‘n ligter luim die vroue met sang en voordrag van verskillende bekende persone vermaak en saam met Elaine van Tea Merchant met tee kuier.

Die bekende geestelike sangeres, Freda Francis, gaan die gaste verder vermaak met musiek en sang.

Daar sal ook verskeie uitstallings.

Die oggend is van 8vm tot 12.30nm en ‘n ligte ontbyt word bedien.

Kaartjies kos R150 ‘n persoon. Vir besprekings, skakel die kerkkantoor by 011-391-1343.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button