Prof Stefan praat by Bybelskool
Die eenmalige koste vir die kwartaal is R300 'n gesin
DIE bekende prof Stephan Joubert besoek Kempton-Kruin se Bybelskool elke Donderdagaand tot 22 September vanaf 7nm tot 8.30nm.
Hy behandel die 2 Korinthiërbrief wat ons leer hoe om te maak met leiding. Paulus bied ‘n fenomenale kyk op Christus. Hy vertel wat die identiteit van ‘n Christenmens is.
Hy leer ons wat die diepste beginsels van vrygewigheid is en hoe om die evangelie met konsekwentheid te leef as hy hom uit sy moeilike omstandighede moet vergelyk met sy teenstanders.
Die eenmalige koste vir die kwartaal is R300 ‘n gesin, R200 ‘n persoon en R50 vir pensioenarisse. Almal is welkom.
Vir verdere navraag, skakel die kerkkantoor by 011-391-1343.
