Birchleigh-forum besin oor toekoms na verkiesing
Daar sal ook met wykslede gesprek wees oor watter ondersteuning wyksverteenwoordigers moet gee

MET die pasafgelope munisipale verkiesing het die politieke landskap drasties verander.
Elke gemeenskap moet hulself nou herposisioneer om met ‘n nuwe politieke koalisie munisipale regering sy eie omstandighede te bestuur.
Birchleigh Gemeenskapsforum vergader Saterdag om 9vm by die NG Kerk Birchleigh om te besin oor welke inisiatiewe onderneem moet word.
Om 10vm dieselfde oggend kry die nuutverkose wyk 15 verteenwoordiger geleentheid om homself voor te stel en te verduidelik hoe hy wyk 15 wil bestuur.
Daar sal ook met wykslede gesprek wees oor watter ondersteuning wyksverteenwoordigers moet gee om sy hande te sterk in die uitvoering van sy taak.
