Local newsNews

Pannekoekfees ten bate van armes

Mense is welkom om donasies van kos, klere, komberse en troeteldierkos te bring

‘n PANNEKOEKFEES word op 27 Augustus deur Bethlehem Huis van Brood, by die Van Dyk Park Primary School, in Boksburg, aangebied.

Die doel is om kos en klere vir minderbevoorregte mense aan die Oos-Rand in te samel, asook vir die Dierebeskermingsverenigings in Boksburg, Brakpan en Kemptonpark.

Daar gaan baie stalletjies wees en bekende sangers.

Eetgoed soos boereworsrolle, hamburgers, warmbrakke en pregorolle sal te koop wees – en natuurlik pannekoeke.

Kompetisies om te kyk wie kan die meeste pannekoeke bak en eet word ook aangebied.

Almal is welkom en toegang is R20.

Mense is welkom om donasies van kos, klere, komberse en troeteldierkos te bring.

Daar is pret vir die kinders en ook ‘n biertent.

Vir meer besonderhede, skakel past Barend Botes by 082-537-0564.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button