Gratis hulp vir oues om rabatte in te dien
Alle pensionarisse en gestremdes in die gebied word genooi om van die diens gebruik te maak

DIE nuwe grondwaardasierol sal op 1 Julie deur Ekurhuleni Munisipaliteit ingestel word wanneer die nuwe grondwaardasies in werking tree.
Die vorige aansoeke wat pensioenarisse en gestremdes ingedien het ter vermindering van hul grondbelasting (rabatte), verval op 30 Junie en nuwe aansoeke moet van vooraf ingedien word.
Also read:
• Ekurhuleni’s new valuation roll opens for inspection on March 8
Pensioenarisse (ouer as 60) en gestremdes moet na die munisipale kantore gaan vir aansoekvorms vir rabatte; die aansoeke moet voltooi word en daarna na ‘n poliskantoor geneem word vir beëdiging. Daarna weer terug na die munisipale kantore en rye om jou aansoekvorm in te handig.
Die NG Gemeente Birchleigh wil graag aan alle belandstellendes in Birchleigh en omgewing ‘n een-stopdiens aanbied. Die diens sal op 15 en 18 Mei vanaf 10vm tot 12nm in die kerksaal aangebied word.
Aansoekvorms vir afslag op grondbelasting sal verskaf word. Spanlede sal met ‘n oorhoofse projektor stap vir stap inwoners lei om die aansoekvorm reg te voltooi.
Die gemeente se leraar, ds Dean Reiners, sal die nodige beëdiging van alle dokumente hanteer. ‘n Spanlid sal al die voltooide dokumente namens inwoners na die regte munisipale toonbank neem vir betydse verwerking van aansoekse.
Tee en koffie sal ook beskikbaar wees. Die span sal sessies aanbied om 10vm, 11vm en 12nm.
Inwoners moet die volgende dokumente saambring: strepieskode ID dokument/kaart en ‘n foto-kopie daarvan, jou laaste munisipale rekening, bank-gestempelde bankstaat van die vorige maand vir diegene wat minder as R13 640 ‘n maand verdien en ‘n swart pen om jou aansoekvorm te voltooi.
Daar is drie potensiële rabatte ter sprake.
Vir verdere navrae, skakel Theo de Lange by 011 972 3674, Jan van Kempen by 011 972 9024 of Stefan Hough by 011 972 1518. Veilige parkering word gereël.
