Condolences pour in for Glen Marais accident victim
The bakkie he was driving crashed into a tree shortly after 1am
CONDOLENCES have been pouring in for the family and friends of young Heinrich (Heinie) Smit (25) who tragically died in a car accident on Jacobus Street in the early hours of Saturday morning.
The bakkie Heinie was driving crashed into a tree shortly after 1am.
Here are some of the comment posted on Facebook:
Chantel Brits: Sterkte aan tannie Cecile en oom Basie. Julle is in ons gebed.
Eureka Glover Le Roux: Cecile en Basie. Ek dra julle en julle familie aan die Here op en vra Hom om julle bonatuurlike krag te gee wat alle verstand te bowe gaan. Here, maak asb die pyn ligter en help hulle. Dankie vir vriende en familie wat hulle kan bystaan. Amen.
Nolene Moller Vincent: Ons innige simpatie en meegevoel met Basie, Cecile, Hein se susters en familie. Ons gaan jou mis, jy’t altyd so positiewe uitwerking op mense gehad, altyd ‘n glimlag op jou gesig en vol grappies. Hein jy was n pragtige, opregte mens, jou plekkie is leeg en ons sal jou nooit vergeet nie. Sterkte vir die familie, veral sy ouers.
Christiaan Esterhuizen: Ai Tannie Cecile, Oom Basie, Marlize, Carla en Adel. Ek is so, so jammer om van julle verlies te hoor. Dit is die ergste ding wat ooit met enige iemand kan gebeur. Wens woorde kon al die seer wegneem, maar woorde is net woorde. Tyd is die enigste ding wat die seer beter maak. Ek glo dat die Here julle sal toevou met sy ontsagwekkende genade en liefde. Baie sterkte! Weet ons dink en bid vir julle!
Danie Barnardt: Rus in vrede ou boeta …jy bly ‘n yster wat respek vir elke persoon in jou lewe gewys en verdien het.
Nelda Van Zyl: Ag nee Thys!! Ek kan nie glo julle familie moes weer deur die trauma van ‘n kind se dood gaan nie. Ons innige meegevoel aan julle en veral Cecile, Basie, hulle gesin en tannie Marie. My hart breek in duisend stukke vir julle almal. Ai man….daar is geen seerder seer….
Carmen Dantu: My thoughts and prayers are with everyone, this is very very sad and a great shock. Heinie was an amazing person who always knew how to put a smile on everyone’s faces. You will be really missed
Yvette Erasmus: Jy was so groot deel van ons Erasmusse se lewe Heinie. Ons gaan jou baie mis. Rus sag my kind.
Werner Pieterse: Waar ek en jy gister laatmiddag mekaar se geselskap waardeer het en nog ‘n paar grappe gedeel het, het ek min gedink dit sou die laaste keer wees dat ek jou sou sien. Jy wat altyd so vriendelik en ordentlik almal kom groet het by die Don en ek en jy altyd mekaar se tegniese taal verstaan het en geniet het, was ek vanoggend geskok om die slegte nuus te ontvang.
Jy en jou pa altyd “torch en battery”. My pella ek is geseën om iemand soos jy te kon ken. Altyd passievol en reg vir die lewe. Mag jy rustig wees waar jy is. Vir jou ouers wat agterbly, so ook die res van jou familie voel ek ongelooflik jammer, want ek weet daar is ‘n leemte vandag in hulle lewens. Dankie vir die lekker chats ek het dit baie waardeer. Werner
