Local newsNews

Kempton-Kruin vier Pinkster – word vervul met God se Gees

Die oorhoofse tema is: “Ek en die Gees”

Christelike kerke herdenk die uitstorting van die Heilige Gees in die Pinkstertyd tussen Hemelvaart en Pinksterfees.

Die NG Gemeente Kempton-Kruin hou bidure vanaf Sondag 28 Mei (9vm en 6nm) tot Donderdag 1 Junie (10vm en 7nm).

Die Gemeente bid soos alle ander Christelike kerke vir die ware herlewing wat kom deur die werking van God se Gees in mense en gemeenskappe. Die prediker is dr Danie Malan.

Die oorhoofse tema is: “Ek en die Gees”. Na die bidure is daar heerlike sop in die saal en almal is welkom om die gasvryheid van die gemeente te kom geniet en gemeenskap van gelowiges te ervaar.

Kontak gerus die kerkkantoor vir enige navraag in die verband by 011- 391 1343.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button