Allenpark Rolbalklub hou hospitaaldag
Daar was 'n paar blou oë en gebreekte arms en selfs 'n suurstoftenk
ALLENPARK Rolbalklub het op 20 Mei ‘n sosiale byeenkoms met ‘n hospitaaltema gehou.
Die spelers het hulself toegedraai in verbande en beserings met grimering aangebring. Daar was ‘n paar blou oë en gebreekte arms en selfs ‘n suurstoftenk.
“Ons het so lekker gelag toe André Potgieter in ‘n kerkpak opgedaag het en homself die rol gegee het van die hospitaal se superintendent. Almal het soveel moeite gedoen en die dag was ‘n groot sukses,” vertel voorsitter van die klub, Tom Bentley.
Bentley beskryf die klub as ‘n wegbreek en wil klem daarop lê dat daar nog lewe is na aftrede.
“Ons is nie net hier om pret te hê nie, maar ook om rolbal as ‘n sport te bevorder en ons soek mense om dit saam met ons te geniet.”
Die klub, wat bestaan uit ongeveer 40 spelers, speel elke Dindag, Donderdag en Saterdagoggemd vanaf 9vm rolbal.
Vir meer inligting skakel Tom by 082 899 6431 of Pam by 072 951 9596.
