Local newsNews

Helpende Hand leer jongmense nuwe vaardighede

Entrepreneursdae bied aan skoliere die geleentheid om meer oor entrepreneurskap te leer

OU koerante en karton kan gebruik word om fotorame te maak wat weer op entrepreneursdae verkoop kan word.

Dit was die boodskap by Solidariteit Helpende Hand Kemptonpark se onlangse jeugbyeenkoms by Bredell-karavaanpark.

“Entrepreneursdae bied aan skoliere die geleentheid om meer oor entrepreneurskap te leer en ons tak het dit goedgedink om ook aan die jeuglede te wys dat die hergebruik van alledaagse items ook handig te pas kan kom,” het Ella Pieterse, die tak se voorsitter, verduidelik.

Die oggend is met gebed geopen voor die taklede aan die kinders gedemonstreer het hoe om die fotorame te maak en te versier met ou koerante. Na heerlike warmbrakke kon die jeuglede na hartelus hul fotorame verder versier met verf.

Om deel te wees van entrepreneursdae help die kinders om vaardighede aan te leer wat in verskeie dele van die jeuglede se lewens toegepas kan word.

Die tak bedank MSC Fuel Stop wat die warmbrakke vir die dag geskenk het.

“Om meer gemeenskapsontwikkelingwerk en projekte aan te pak, benodig ons dringend nog vrywilligers wat bereid is om hul tyd te skenk om ‘n daadwerklike verskil in ander se lewens te maak,” het Pieterse gesê.

Vir meer inligting oor die tak of om aan te sluit, skakel Pieterse by 082 406 3655.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button