Local newsNews

Vroue brei flink vir die koue dae

27 truie is by Manger Care Centre in Pomona afgelewer.

RINA Erasmus het lede van Glenruspark se handvlytgroep geïnspireer om deel te hê aan haar jaarlikse omgeeprojek.

Sy brei elke winter soveel kindertruie vir minderbevoorregte kinders as wat sy kan. Vroue van die groep het flink ingespring en vir haar truie begin brei.

Van die ander inwoners het later saamgebrei en net betyds vir die skielike koue weer was 27 truie gereed vir aflewering aan Manger Care Centre in Pomona.

Almal koop nou wol vir volgende winter se aflewering en ruil ywerig patrone uit.

Die Glenruspark handvlytgroep vergader elke tweede Woensdagmiddag en is betrokke by verskeie omgeeprojekte. Hulle het verlede winter ‘twiddle muffs’ vir Alzheimer-pasiënte gebrei, asook wolmussies vir babas wat kardiale sjirurgie ondergaan het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button