Local newsNews
Inni-Woud wen spog TV-prys
Tydens die opname op 6 Mei was daar 13 finaliste wat deelgeneem het
INNI-WOUD Kleuterakademie is vanjaar as algehele wenners van die KleuterZone nasionale kampioenskappe aangewys.
Die program word deur ABS Produksies vervaardig en deur Anthonie Bougas op die KykNet kanale aangebied.
Albei die akademie se klasse het na die finaal in Pretoria, op 6 Mei, deurgedring.
Tydens die opname op 6 Mei was daar 13 finaliste wat deelgeneem het. Inni-Woud is as die algehele wenners gekroon en het ook twee afdelingstrofeë gewen.
Die prys vir die kompetisie was kontant en ‘n vertoning deur Willie en die Wenspan by die skool.
Inni-woud was laasjaar tweede in die kompetisie.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
