
SAAMSTAAN Volkspelelaer vier Saterdag vanaf 7nm sy 39ste verjaarsdag met ‘n saamtrek in die Wynand Marais-saal in Birchleigh.
Mense van so ver as Modimole en Bethlehem word by dié jaarlikse gebeurtenis verwag. Op so ‘n aand word daar volkspele gespeel, lekker gesing en heerlik saam geëet.
Dis ook die laaste saamtrek in die omgewing voor van die laer se jongmense na die winterkamp in Kimberley vertrek. Leerders van graad vyf tot 12 neem jaarliks aan hierdie kamp deel om leiersvaardighede te ontwikkel.
Hulle speel vir ‘n week lank volkspele, sing Afrikaans en leer ook van die omgewing en die streek waarin hulle hul bevind – hierdie jaar die Noord-Kaap.
Inwoners is welkom om Saterdagaand te kom kuier. Verversings sal te koop wees.
Belangstellendes kan Annabe by 083 654 8967 skakel vir meer inligting.
